top of page
Dit is ons..
Ons is soveel meer... Na ses jaar is ons deel van die sterre en watervalle en daardie possak van ons, vol herinneringe, oomblikke van vreugde, gelag en liefde, bars al uit sy nate!!
​
Deur dik en dun, met maanskyn en rose, agter 'n donderwolk, of in 'n weerlig straal - ons is altyd bymekaar! Of ons nou kosmaak of visvang, gras sny of ver pad ry, Engels na Afrikaans translate of besluit wie gaan die volgende koppie koffie kry!
​
Ons paadjies het gekruis en saam gebly. Ons lewens is al lankal een - ek en jy! Ons ouers, familie en vriende wat by ons staan - en so was hulle reg - nou vat ons die lang pad saam!
​
​
​
​

Dit is ons: Our Story
bottom of page